Renaldo Gouws vra om verskoning, skik met Menseregtekommissie

Lees ook :

Renaldo Gouws vra om verskoning, skik met Menseregtekommissie fotokrediet: X

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het vanoggend aangekondig ’n skikking is met die voormalige DA-parlementslid, Renaldo Gouws, bereik.

Lees ook: DA skors Renaldo Gouws oor video’s

As deel van die skikking het Gouws om verskoning gevra vir kommentaar wat hy in ’n video in 2010 gemaak het. Gouws moet as deel van die skikking deelneem aan werkswinkels, openbare opvoeding en ’n sensitiseringsessie en bewusmaking oor diversiteit.

Hy het in die video waarin hy om verskoning vra, gesê hy erken dat die taal wat hy in die video gebruik het “skadelik” was teenoor swart Suid-Afrikaners. Gouws het in die video uitgevaar teen Julius Malema wat Kill the boer, kill the farmer sing en het die k-woord en n-woord gebruik om met geweld te dreig. Na verskeie klagtes in 2024, toe die video’s weer gedeel is, het die Menseregtekommissie Gouws van haatspraak aangekla.

Hy het in sy verskoning gesê hy voel steeds Kill the boer, kill the farmer is onsensitief.

Bronne: Polity, ECR, TimesLIVE

Lees ook: DA skors Renaldo Gouws oor video’s

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief