Johannesburgse nagapie ná onbeplande rit terug by sy huis

Lees ook :

Foto: DBV

WES-KAAP. – Maurice, ‘n nagapie, het onlangs per ongeluk ‘n onbeplande reis te pad onderneem en 1 400 km verder in Kaapstad geëindig. ‘n Buitengewone terugrit is op Erfenisdag aangepak om hierdie nuuskierige agie weer by die huis te kry.

Belinda Abraham, van Cape of Good Hope SPCA, sê in ‘n verklaring ‘n man van Johannesburg was besig om sy motor ná die rit van 1 400 km in die Kaap uit te pak toe hy die “verstekeling” opmerk. Omdat nagapies nie inheems in Kaapstad is nie, was dit nie veilig om hom los te laat nie. Die apie is na die Cape of Good Hope-DBV geneem, waar bevind is dat hy goeie gesondheid geniet. In samewerking met Johannesburg Wildlife Vet, CapeNature en Airlink is die nodige permitte gereël om hom huis toe te laat vlieg. Maurice het veilig in sy tuisgebied, buite Fourways, aangekom.

Volgens Abraham is dit simbolies gepas dat Maurice se tuisvlug op Erfenisdag was – ’n herinnering dat ons nasionale erfenis nie net oor mense gaan nie, maar ook oor die bewaring van ons natuur en wild.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief