Lees ook: RDK-onderhoude gaan voort sonder John Hlophe ná MK-party se aansoek afgekeur is
Dr. John Hlophe, parlementêre leier van die MK-party (MKP), het hom onttrek aan die Regterlike Dienskommissie (RDK) na ‘n interdik hom verhoed het van deelname aan die RDK-proses om regters aan te stel.
Hlophe en die MKP het nie daarin geslaag om die onderhoude vir die aanstel van regters, wat Maandag begin het, te laat uitstel nie. Die MK-party het verlede week ‘n dringende hofaansoek by die Johannesburgse hooggeregshof ingedien om die onderhoude te laat uitstel, maar die hof het beslis dit kan voortgaan.
Bronne: eNCA, SABC, IOL
Lees ook: RDK-onderhoude gaan voort sonder John Hlophe ná MK-party se aansoek afgekeur is





