John Steenhuisen, die federale leier van die DA en die leier van die amptelike opposisie in die Nasionale Vergadering, het hom gister uitgespreek oor “swak diens” wat hy van LIFT Airline ontvang het.
“LIFT Airline, worst airline in South Africa, avoid at all costs!! Even SAA is better.”
In die kommentaar het mense reageer deur te sê dat sy Facebook-profiel gekaap moet wees, waarna hy reageer het deur te sê dat dit nie die geval is nie. Menige sosialemediagebruiker het van van goeie diens deur die lugredery getuig.
Steenhuisen het later opgevolg met ‘n plasing wat sê dat hy deur Gidon Novick, HUB van die lugredery, gekontak is en dat daar gesprekvoering tussen hulle was, wat hy as ‘n konstruktiewe reaksie bestempel het.
“I appreciate the call from the CEO of LIFT Airline and we are in discussion. It is great that an airline responds so quickly to customer concerns and wishes to resolve the matter. I commit to a constructive discussion with them about the circumstances surrounding this evening’s matter and resolving them. Thank you Gidon Novick for your constructive response.”


Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.





