VK. – John Torode is afgedank as ’n MasterChef-beoordelaar ná ’n beskuldiging dat hy ’n “verskriklik beledigende rassistiese term” gebruik het, glo as waar bewys is.
Lees ook: Verslag bevind 45 bewerings oor MasterChef-beoordelaar Gregg Wallace is waar
Torode het op Instagram gesê hy het geen idee waarvan hy beskuldig word nie en het gehoop hy sal ‘n sê hê in hoe hy die program verlaat. Hy het ook gesê hy het op BBC News gelees dat hy afgedank is voordat hy persoonlik gekontak is.
Gregg Wallace, Torode se mede-beoordelaar, is verlede week afgedank ná 45 uit 83 beskuldigings teen hom waar bevind is.
Dit is onbekend of die MasterChef-reeks wat vanjaar verfilm is, vrygestel sal word.
Bronne: BBC, Mirror, The Sun
Lees ook: Verslag bevind 45 bewerings oor MasterChef-beoordelaar Gregg Wallace is waar





