VK. – ’n Verslag aangaande die MasterChef-beoordelaar, Gregg Wallace, het bevind 45 uit 83 bewerings teen hom is waar.
Lees ook: Franse gevangene ontsnap in wasgoedsak – owerhede blameer ‘reeks foute’
Dit volg ná talle bewerings wat teenoor BBC News oor Wallace oor onbehoorlike optrede en taalgebruik gemaak is. Een van die bewerings wat waar bewys is, is onwelkome fisiese aanraking en drie van hom wat klere uitgetrek het. ’n Onafhanklike ondersoek is uitgevoer waarvan die verslag bekend gemaak is.
Gregg Wallace is tydens die ondersoek met outisme gediagnoseer en volgens die verslag moet “die bevindings sy diagnose van neurodiversiteit in ag neem”. Wallace het in ’n plasing op sosiale media gesê sy diagnose kan moontlik van sy optrede verklaar, alhoewel hy nie daaragter wil skuil nie.
Die ondersoek het bevind tussen 2005 en 2024 is sowat ses klagtes by die produksiemaatskappy van MasterChef en ses klagtes by die BBC teen Wallace gemaak, maar geen optrede het gevolg nie.
Die BBC het om verskoning gevra vir almal wat deur Wallace se optrede beïnvloed is en het gesê dit het geen planne om weer met Wallace te werk nie. Wallace is ook as ’n beoordelaar op MasterChef afgedank.
Bronne: BBC, Metro, The Independent
Lees ook: Franse gevangene ontsnap in wasgoedsak – owerhede blameer ‘reeks foute’





