Brekende Nuus
Afrikaans

Johnson & Johnson gaan byna $6.5 mjd. betaal in kankersake

Johnson & Johnson gaan byna $6.5 miljard betaal in kanker-sake

fotokrediet: Canva
Johnson & Johnson gaan byna $6.5 miljard betaal in kanker-sake fotokrediet: Canva

Lees ook: Tanzanië, Rwanda en Zimbabwe herroep ook Johnson & Johnson-hoesstroop

NEW JERSEY, VSA. – Johnson & Johnson gaan byna $6.5 mjd. betaal om meer as 54 000 regsake op te los na duisende mense hulle oor hulle talkpoeier gedagvaar het. Duisende mense het beweer die Johnson & Johnson-talkpoeier het hulle kanker gegee.

Die maatskappy gaan ook sowat $700 m. betaal aan verskeie state wat beweer het die maatskappy mislei mense deur die poeier se verband met kanker toe te smeer.

Johnson & Johnson het aangedring daarop dat hulle poeier veilig is en nie kanker veroorsaak nie.

Een van die persone wat Johnson & Johnson gedagvaar het, het beweer die gebruik van die poeier toe hy ‘n kind was het kanker by hom veroorsaak. Hy het beweer asbestos in die poeier het daartoe gelei. Johnson & Johnson het ontken dat daar asbestos in hulle produk is.

Verskeie vrouens het beweer die poeier het kanker van die ovaria veroorsaak, terwyl ander ‘n ander tipe kanker gekry het.

Bronne: Daily Mail, People, NBC News

Lees ook: Tanzanië, Rwanda en Zimbabwe herroep ook Johnson & Johnson-hoesstroop