Jong man gevonnis na vrou op plaas aangeval is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – Jovelle Jadan Floors (19) is Dinsdag in die Prieska-streekhof vir die aanval op ‘n vrou (66) op ‘n plaas in Marydale tot 12 jaar tronkstraf gevonnis.

Sers. Molefi Shemane sê die vonnis volg na ‘n roof om ongeveer 17:30 op 13 Oktober. Die bejaarde vrou is op die plaas aangeval, aangerand en besteel voordat haar aanvaller van die toneel gevlug het. Die aanvaller is die volgende dag op Vanwyksvlei gearresteer.

Die dossier is deur speur.AO Belvian Moseki ondersoek en borg is suksesvol teengestaan. Die hof het Floors skuldig bevind en vir roof met verswarende omstandighede tot 12 jaar, waarvan twee jaar vir vyf jaar opgeskort is, gevonnis.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief