Jong man se rit met tante se voertuig kortgeknip

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

WATERLOO, KWAZULU-NATAL. – ‘n Jong man (19) se plesierrit met sy tante se voertuig is Vrydagaand deur reaksiebeamptes kortgeknip.

Volgens Reaction Unit South Africa is hulle hulp gevra deur die tante van die jong man wat glo met haar silwerkleurige Toyota Etios van haar eiendom in Hambanathi weggejaag het. Sy het probeer om haar motor op haar selfoon na te spoor.

Die motor het op die R102 in die rigting van Canelands gery. Reaksiebeamptes het kort daarna die motor in Lilystraat Verulam opgespoor. Die jong man het verduidelik hy het vir vriende gaan kuier.

Die tante het nie ‘n kriminele saak oopgemaak nie en die voertuig is aan haar terugbesorg.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief