OOS-KAAP. – ‘n Jong man (19) het Saterdagoggend vroeg gesterf en ‘n tienerseun (17) is beseer nadat hulle ongeveer 20 tot 30 m van ‘n krans by Cotswold-steengroef geval het.
Kapt. Sandra Janse van Rensburg sê ‘n veiligheidswag het omstreeks 04:30 uitroepe vir hulp gehoor en ‘n paniekalarm geaktiveer. Met aankoms van die veiligheidsmaatskappy is die perseel gepatrolleer en op die jong man en seun afgekom. Die beseerde tiener is na ‘n hospitaal gehaas.
Mount Road-polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geregistreer om die jong man se dood te ondersoek.





