Jong man sterf toe motor op treinspoor beland

Lees ook :

Foto: IPSS Medical Rescue

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man, vermoedelik in sy 20’s, het Nuwejaarsmiddag gesterf toe sy motor in Shakaskraal 50 meter na benede van ‘n brug af op ‘n treinspoor beland het. Nog insittendes is beseer.

Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue sê dié diens se soek-en-reddingseenheid en Tongaat-tak het hulle na die toneel tussen die N2 en R102 gehaas. Buiten die oorledene het nog ses insittendes ernstige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer, waarna vier onder die sorg van gevorderde lewensondersteunende paramedici vir verdere mediese sorg na verskeie fasiliteite vervoer is.

Meyrick sê volgens omstanders het die bestuurder van die motor die toneel verlaat, maar dit is nie bevestig nie. Ondersoek sal ingestel word. Alle rolspelers, wat die brandweer, verkeer en polisie insluit, was op die toneel teenwoordig.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief