Jong man sterf toe trein hom tref

Lees ook :

Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Jong man (19) is Saterdagmiddag net na 13:00 dood toe ‘n trein hom op ‘n treinspoor tussen Tongaat en Ballito getref het.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê hulp is ontbied en die liggaam van die jong man is gekry waar hy tussen treinspore lê. Hy is op die toneel dood verklaar. Volgens die masjinis het die oorledene op die treinspoor gestap. Die toeter is geblaas en die jong man het glo omgedraai en sy hande in die lug gegooi. Die trein kon nie betyds stop nie en het oor hom gery.

Rusa sê dit kan nie bevestig word of die oorledene sielkundige probleme gehad het of selfdood wou pleeg nie.

Sy familie het hom op die toneel geïdentifiseer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief