Jong man vir gesinsmoord gevonnis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ’n Jong man (18) is Maandag vir die moord op sy ma, stiefpa en 5-jarige broer in die Harrismith-hooggeregshof tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis. Die jeugdigde is op 11 Januarie 2024 in besit van ‘n vuurwapen en waar hy sy stiefpa se voertuig bestuur, aangetref, waarna die moorde ontdek is.

Sers. Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring polisiebeamptes wat die tienerseun met die voertuig en vuurwapen aangetref het, het hom na sy gesin se blyplek in Manweng, Makwane, vergesel. Daar het die polisie ’n graaf met wat na bloedvlekke gelyk het, in die kombuis gevind. In die hoofslaapkamer is die liggame van die seun se ma (42) en sy stiefpa (64) met noodlottige skietwonde aan die kop aangetref. In ’n ander kamer is die liggaam van die broer, wat met ’n byl gekap en met ’n tuinvurk gesteek is, gekry. Tydens ‘n deeglike soektog is die moontlike moordwapens, ‘n bebloede byl en tuinvurk, bo-op ‘n klerekas gevind.

Die saak teen die tiener, wat aangekla is van aanranding, diefstal, die onwettige besit van ‘n vuurwapen, onwettige besit van ammunisie en moord, is deur AO Thabang Mbele van die provinsiale moord-en-roofeenheid in Phuthaditjhaba ondersoek. In samewerking met die nasionale vervolgingsgesag is die beskuldigde aangekla en skuldig bevind. Hy is op aanklag van aanranding tot twee jaar, op drie aanklagte van moord tot 15 jaar op elke aanklag, op onwettige besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen tot vyf jaar, die onwettige besit van ammunisie tot drie jaar en diefstal tot vyf jaar gevangenisstraf opgelê.

Die hof het bepaal dat die vonnisse vir aanranding, diefstal, onwettige vuurwapenbesit en onwettige besit van ammunisie gelyklopend met die 15-jaar vonnis vir moord uitgedien sal word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief