KWAZULU-NATAL. – ‘n Jong man het Sondag by Umdloti-strand verdrink toe hy van rotse in die see gespring het om ‘n ander swemmer wat in die moeilikheid was, te help.
Kimberley Liell-Cock van Medi Response sê gevorderde lewensondersteunende paramedici het hulle na ‘n verdrinking gehaas. Met aankoms is vasgestel die jong man wou ‘n swemmer wat in ‘n trekstroom vasgevang was, probeer help. Hy het van rotse gespring en het self in die moeilikheid beland en onder die water verdwyn.
Lewensredders het die jong man uit die water gehaal en KPR toegepas. Paramedici het met die pogings om sy lewe te red voortgegaan, maar dit was onsuksesvol.
Die jong man is dood verklaar.





