Jong meisie sterf na gat op strand insak

Lees ook :

Jong meisie sterf na sy gat grawe op strand
Jong meisie sterf na sy gat grawe op strand fotokrediet: Canva

Lees ook: Israeliese organisasie dien verslag in by VN oor seksuele geweld deur Hamas

FLORIDA, VSA. – ‘n Jong meisie (7) is Dinsdag oorlede na ‘n diep gat wat sy en ‘n seun (8) op die strand gegrawe het op hulle ingesak het.

Die seun was tot by sy bors in die sand, maar die meisie was heeltemal onder die sand begrawe.

Dit is onbekend hoe lank die meisie in die sand begrawe was, maar sy het ophou asemhaal teen die tyd wat sy uitgehaal is. Sy is by ‘n hospitaal dood verklaar. Die seun is opgeneem, maar is stabiel.

Dit is nie duidelik of enige volwassenes die twee gehelp het om die gat te grawe nie. Die kinders se identiteit word weens hulle ouderdom weerhou. Dit is ook onbekend of hulle plaaslike inwoners of toeriste is.

Die polisie ondersoek die voorval.

Bronne: The Independent, New York Post, The Telegraph

Lees ook: Israeliese organisasie dien verslag in by VN oor seksuele geweld deur Hamas

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief