Jong rugbyspeler sterf aan meswond tydens wedstryd

Lees ook :

Foto: Gabby Arendse

WES-KAAP. – ‘n Jong man, slegs as Ryan (18) bekend, het Saterdag tydens ‘n klub-ligawedstryd tussen Langebaan RFC en St. Helenabaai RFC by die Langebaan-sportgronde aan ‘n meswond gesterf.

Sers. Wesley Twigg sê aan Nuusflits Langebaan-polisie ondersoek ‘n moordsaak na die steekinsident by die rugbyveld in Oostewalstraat. Omstandighede van die insident is deel van die ondersoek. Die oorledene is op die toneel dood verklaar. Intussen het die polisie ‘n man (28) in hegtenis geneem wat in die hof sal verskyn sodra hy vir moord aangekla is.

Boland Rugby Unie, St. Helena Baai Rugbyklub en Langebaan Rugby Klub het elkeen ‘n verklaring uitgereik.

Bennie van Rooi, die president van Boland Rugby Unie, sê: “Dit is ‘n hartverskeurende oomblik vir die rugbygemeenskap. Ons gedagtes en gebede is by die familie en vriende van die oorledene. Ons vertrou dat die nodige prosesse gevolg sal word, en ons sal ons volle ondersteuning bied waar nodig.” Die Boland Rugby Unie werk saam met relevante owerhede wat die insident ondersoek en dit bly tot die veiligheid en welstand van diegene wat by die sport betrokke is, verbind. Die unie het privaatheid en respek vir diegene wat deur die insident geraak is gevra en sê ook hulle dink aan spelers, beamptes en toeskouers wat tydens die insident teenwoordig was.

Jovandre Witbooi van St. Helena Baai Rugbyklub : “Ons weet dat baie van julle ‘n diep hartverskeurende en traumatiese gebeurtenis aanskou het tydens die Grootuitdaag-wedstryd teen Langebaan. Die verlies van jong lewens is verwoestend, en ons wil die pyn, hartseer en skok wat dit veroorsaak het, erken.” Witbooi vra elkeen moet op sy eie manier treur en ondersteuning bekom, indien nodig. Hy het voorts gesê die verlies van ‘n jong seun is ‘n pyn wat deur geen ouer ervaar moet word nie.

Langebaan Rugy Klub sê in ‘n verklaring dit is diep geskok oor die afsterwe van die jong seun tydens die ligawedstryd wat tussend die twee klubs gespeel is. Meegevoel en simpatie is aan familie en vriende van die oorledene betuig. Die klub het die Bolandse Rugby-unie skriftelik van die insident verwittig en werk ook tydens die ondersoek saam met owerhede.

(Lesers kan op die skakel in blou druk om die volledige verklarings te lees.)

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief