‘n Jong Suid-Afrikaanse vlieënier is dood in ‘n vliegongeluk in Namibië.
Nicole Mienie en vier Duitse toeriste is Dinsdag in die vliegongeluk oorlede.
Die polisie in Namibië het die slagoffers wat in die ongeluk op Impalila-eiland dood is, se name bekendgemaak.
Thomas Rings, sy vrou dr. Evelyn Rings, en hulle dogters Alicia en Paulina het by ‘n lodge by die rivier gebly.
Die vlieënier en die vier passasiers was na Rundu op pad toe die ongeluk plaasgevind het. Die vliegtuig het in die Zambezi-rivier neergestort. – Mirror
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.





