VELDDRIF, WES-KAAP. – ‘n Jong seun, vermoedelik 12 jaar oud, het vermis geraak nadat hy Woensdagmiddag omstreeks 17:51 in die see gaan swem het.
West Coast Medical Rescue is saam met die NSRI na die toneel, nadat die Laaiplek-polisie hulle van die voorval in kennis gestel is. ‘n NSRI-reddingstuig 44 het ‘n soektog saam met polisieduikers geloods.
Die tienerseun is nog nie opgespoor nie. Volgens die NSRI is hy deur ‘n seestroom meegesleur
Bronne: West Coast Medical Rescue en NSRI
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: