Jong vrou uit rivier gered

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – ‘n Jong vrou (19) is Vrydag gered toe sy ‘n oorstroomde brug wou oorsteek en deur die Nkomazirivier in Tonga meegesleur is.

Brig. Donald Mdhluli sê die vrou het die brug oor die rivier in vloed probeer oorsteek en is meegesleur, maar kon daarin slaag om aan riete in die middel van die rivier vas te klou. ‘n Weldoener wat die insident sien gebeur het, het die polisie ingelig, waarna die rolspelers geaktiveer is. ‘n Polisie-helikopter het ook met die reddingsoperasie gehelp.

Sy is deur die polisie, rampbestuur en ander nooddienste gered.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief