OOS-KAAP. – Olwethu Mhlontlo (23) is op 6 Mei in haar huis in die KuBanzi-woonbuurt, in Cofimvaba, grusaam vermoor aangetref.
Women For Change sê Mhlontlo se lewelose liggaam is gevind met haar kop afgesny en haar ingewande uitgeruk. Mhlontlo se kêrel is glo die verdagte in haar moord, maar is nêrens te vinde nie.
Kol. Priscilla Naidu sê Cofimvaba-polisiestasie het die moordondersoek bevestig. Nog geen inhegtenisneming is gemaak nie. Die motief vir die moord is onbekend.
Die polisie vra enigiemand met inligting om kapt. Matiwane by 071 928 7099 te bel.





