Pieter Naudé (56), broer van die bekende sangeres Juanita du Plessis, is volgens ‘n sosialemediaplasing deur Wêreld Onbeperkte Musiek (WOM) tans in die hospitaal weens ‘n vergrote gewas en bloeding op die brein.
Conrad Gert du Toit Jordaan van WOM het in die plasing verduidelik: “Ons het verneem dat sanger Pieter Naudé tans in die hospitaal is. Dit gaan nie baie goed met hom nie. Die gewas is groter en hy het bloeding op die brein. Die dokter sal môre kan bepaal of die bloeding gedreineer kan word om drukking te verlig. Ons vra almal se gebede vir hom, Ester en sy kinders. Mag ons Hemelse Vader hul almal dra deur hierdie moeilike tyd.”
Die boodskap eindig met ‘n oproep tot gebed: “Ons bid vir Pieter en sy familie deur hierdie moeilike tyd.”
’n Foto wat met die plasing gedeel is, is reeds talle kere op Facebook versprei.






