‘Jub Jub’ se saak tot Desember uitgestel

Lees ook :

Molemo Jub Jub Maarohanye verskyn op 24 Augustus 2024 voor die in Johannesburg se landdroshof.(Fotobron: Eyewitness News)

LEES OOK: Polisie loods mannejag nadat vervoerminister Chikunga op N3 beroof is

Die saak teen die televisiepersoonlikheid en rapper Molemo Maarohanye, algemeen bekend as Jub Jub, is uitgestel. Maarohanye het vanoggend kortliks in die Johannesburgse landdroshof verskyn, waar die saak tot 11 Desember uitgestel is. Sy borgtog is ook verleng tot die volgende hofverskyning.

Jub Jub staan ​​tereg op drie aanklagte van verkragting, twee aanklagte van poging tot moord en een van aanranding. Hy het skuld op al die aanklagte ontken.

Die saak is uitgestel om tyd te gee vir verdere konsultasie met die getuies, en vir Maroohanye se regspan om meer inligting in te win. Hy het homself in Julie aan die polisie oorgegee nadat ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik is vir aanklagte wat uit 2006 en 2009 dateer. 

Een van die vier aanklagte is egter onlangs teen hom geopen na aanleiding van opmerkings wat hy op die gewilde podsending, Podcast and Chill with MacG gemaak het.

#JubJub #Regsaak #Uitgestel #Afrikaans #Nuus

Bronne gebruik: News24; Eyewitness News; TimesLive.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief