Julia Wandelt sê vir polisie sy sal ‘nooit iets sleg’ aan ‘haar familie’ doen nie

Lees ook :

Julia Wandelt het vir polisie gesê sy sal ‘nooit iets sleg’ aan ‘haar familie’ doen nie fotokrediet: X

VK. – Julia Wandelt, die vrou wat beweer het sy is Madeleine McCann, het tydens ‘n onderhoud ná haar inhegtenisneming vir die polisie gesê sy sal “nooit iets sleg” aan “haar familie” doen nie.

Lees ook: Vrou wat McCann-familie bekruip, het ChatGPT gevra om DNS te vergelyk

Wandelt is in Februarie in hegtenis geneem vir die bekruiping van die McCann-familie. Sy het in haar polisieonderhoud beloftes gemaak dat sy nooit “iets sleg” aan hulle sal doen nie.

Wandelt het ook in die onderhoud gesê haar pa het voorheen gesê dat hulle haar by die McCann’s gekry het nadat hulle hulle eerste kind laat “verdrink” het. Die polisie het tydens die onderhoud gesê Kate het gesê haar dogter is baie spesiaal vir haar en dat iemand wat maak of sy Maddie is, hulle seermaak.

Wandelt se reaksie was: “Mev McCann kan my maklik verkeerd bewys as sy seker is. Hoekom kan hulle nie die DNS-toets op my doen nie, hoekom, hoekom nie, hoekom nie ten spyte van al die bewyse wat ek bymekaargemaak het? Ek vra net vir ‘n f***n DNS-toets en dis al. Ek is die slagoffer hier, want hulle weier ‘n DNS-toets ten spyte daarvan dat hulle hulle vermiste dogter soek. Hulle gee net om vir hulleself.”

Wandelt en Katen Spragg (61) is aangekla van die bekruiping van Kate en Gerry McCann tussen Junie 2022 en Februarie vanjaar. Die paar het verlede Desember by die McCann-woning opgedaag om ‘n DNS-toets te eis.

Spragg, Wandelt se ondersteuner, het tydens haar polisieonderhoud beweer die McCann’s het die ontvoering gereël. Sy het hulle ook gekritiseer dat hulle hulle kinders alleen gelos het. Spragg het oor die besoek aan die McCann-woning gesê: “Ek het gedink ons gaan soontoe, sy (Kate) gaan luister as ‘n ma wat haar kind soek…maar dit het nie gebeur nie”.

DNS-toetse het bewys Wandelt is nie Madeleine McCann nie.

Bronne: Daily Mail, The Mirror, Irish News

Lees ook: Vrou wat McCann-familie bekruip, het ChatGPT gevra om DNS te vergelyk

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief