OOS-KAAP. – Julius Malema, die leier van die EFF, is vandag (Woensdag) in die Oos-Londen-landdroshof op al vyf aanklagte van die vuurwapenbeheerwet teen hom, skuldig bevind. Vonnisoplegging moet nog plaasvind; Malema kan gevangenisstraf van tot 15 jaar tronkstraf opgelê word.
Twanet Olivier, die landdros in die saak, het Malema is op die onwettige besit van ‘n vuurwapen, onwettige besit van ammunisie, die onwettige afvuur van ‘n vuurwapen in ‘n openbare plek, roekelose ingevaarstelling van mense of eiendom en die versuim om redelike voorsorgmaatreëls te tref om gevaar te vermy, skuldig bevind.
Adriaan Snyman, Malema se voormalige veiligheidswag, is op twee aanklagte vrygespreek en is gevolglik ontslaan.
Die hof het video-opnames van die voorval in 2018 op die EFF se vyfde verjaarsdagviering in Mdantsane as bewysstukke gebruik. Hoewel Malema beweer het dit was ‘n “speelgoedgeweer” wat slegs leë patrone afgevuur het, het die hof bevind dat die aksie onwettig was en die publiek in gevaar gestel het.
Luidens ‘n verklaring deur Jacques Broodryk, AfriForum se hoofwoordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, het geregtigheid ná jare uiteindelik geskied.
Luxolo Tyali, NVG-woordvoerder, sê Malema het met die geweer in die lug geskiet. Die vuurwapen het glo aan ‘n veiligheidsmaatskappy behoort, waarvan Adriaan Snyman, Malema se mede-beskuldigde, die direkteur was. Sedert die saak vier jaar gelede op die hofrol geplaas is, het die vervolging sy saak deeglik opgebou deur 19 getuies te roep. Nadat die staat sy saak gesluit het, het Malema en Snyman aansoek gedoen om ontslag ingevolge artikel 174 van die Strafproseswet, maar dié aansoek is deur die hof van die hand gewys.
Vonnisoplegging sal op 23 Januarie 2026 plaasvind.
Druk hier om Afriforum se verklaring te lees.
Bronne: NVG, AfriForum, eNCA en IOL





