Sean ‘P Diddy’ Combs dagvaar oor dokumentêr

Lees ook :

Sean ‘P Diddy’ Combs dagvaar oor dokumentêr fotokrediet: Wikipedia

NEW YORK, VSA. – Sean “P Diddy” Combs dagvaar NBC, Peacock en Ample vir $100 miljoen oor ‘n dokumentêr wat onlangs oor hom gemaak en vrygestel is.

Lees ook: Sean ‘P Diddy’ Combs pleit onskuldig, borg afgekeur

Die dokumentêr genaamd Diddy: The Making of a Bad Boy is onlangs vrygestel met verskeie onderhoude en beeldmateriaal om te wys hoe Combs gekom het tot waar hy is.

Combs en sy regspan het gesê die dokumentêr bevat onwaar, lasterlike stellings oor die kletsrymer. Die dagvaardiging sê dat die dokumentêr “aanneem Combs het verskeie misdrywe gepleeg, insluitend reeksmoord, die verkragting van minderjariges en die sekshandel in minderjariges”.

Volgens die dagvaardiging word Combs beskuldig van verskeie moorde “insluitend die dood van Kim Porter en Christopher Wallace, oftewel Biggie Smalls.

Bronne: The Independent, BBC, ABC News

Lees ook: Sean ‘P Diddy’ Combs pleit onskuldig, borg afgekeur

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief