VSA. – Die bekende sanger Justin Timberlake het op sosiale media bekendgemaak dat hy met Lyme-siekte gediagnoseer is.
Lees ook: Virginia Giuffre se familie vra dat Trump nie Ghislaine Maxwell vryspreek nie
Hy het die aankondiging gemaak ná sy Forget Tomorrow-wêreldtoer. Timberlake het gesê hy was “geskok” om die diagnose te ontvang, maar dat dit verduidelik hoekom hy op die verhoog baie senuweepyn sou ervaar of net verskriklik moeg of siek sou voel.
Lyme-siekte is ’n bakteriële infeksie wat aan mense deur besmette bosluise oorgedra word. Simptome sluit moegheid, pyn en spierswakheid in.
Volgens Amerika se sentrum vir siektebeheer en voorkoming kan pasiënte wat vroeg met antibiotika behandel word vinnig en heeltemal herstel, maar mense wat later behandel word kan langtermyn skade aan hulle senuweestelsel of litte kry.
Bronne: BBC, ABC News, PBS
Lees ook: Virginia Giuffre se familie vra dat Trump nie Ghislaine Maxwell vryspreek nie





