Juwelierswinkel beroof, verdagtes gesoek

Lees ook :

Foto: Port Elizabeth Crime News & Community Information Centre

OOS-KAAP. – ‘n Juwelierswinkel in ‘n inkopiesentrum in Gqeberha is Maandagmiddag omstreeks 13:50 beroof. Die polisie is op soek na die groep verdagtes.

Kapt. André Beetge sê volgens inligting het ‘n groep van agt tot tien verdagtes die inkopiesentrum binnegegaan en direk na die juwelierswinkel beweeg waar juwele ter waarde van ‘n onbekende bedrag geroof is.

Niemand is tydens die misdaad beseer nie.

Beetge sê nadat die juwelierswinkel geplunder is, het die verdagtes in ‘n bruin/bronskleurige Suzuki met sewe sitplekke en ‘n silwerkleurige Etios van die toneel gevlug.

‘n Dossier van sakeroof is by die Mount Road-polisie geopen. Daar word na die verdagtes gesoek.

Enigiemand met inligting van die sakeroof wat die polisie met die ondersoek kan help, word gevra om kapt. Sithole by 082 457 2812 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief