Kaapse kobra op Danabaai Tweede Strand

Lees ook :

Foto's: Christian Stopforth Drone Fanatics SA

WES-KAAP. – ‘n Kaapse kobra is gistermiddag (Donderdag) op Danabaai se Tweede Strand in die Mosselbaai-omgewing opgemerk, gevang en daarna veilig vrygelaat.

Christian Stopforth van Drone Fanatics SA, ‘n bekende in fotografiekringe en die eerste persoon in die wêreld wat ‘n foto geneem het van ‘n orka wat ‘n grootwithaai doodmaak, het die plasing van die slang op sosiale media gemaak.

Stopforth het ‘n vriend, genaamd Slang Boere (Devon de Villiers) gebel, waarna hulle die slang gevang en weer vrygelaat het.

Hy waarsku ‘n mens moet oplettend in jou omgewing wees: “Die natuur is ongelooflik – kom ons respekteer dit!”

Kort daarna het hy nog ‘n foto geplaas waarmee hy sê: “Nog ‘n pragtige Kaapse kobra.”

Foto: Christian Stopforth

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief