Kaapse seekoeibul in Plettenbergbaai hervestig

Lees ook :

Foto's: Stad Kaapstad

WES-KAAP. – ‘n Vierjarige seekoeibul van die Valsbaai-natuurreservaat is op 22 Julie in ‘n 17 uur lange operasie na ‘n wildreservaat in Plettenbergbaai verskuif. Die Stad Kaapstad se biodiversiteitsbestuurtak het die verskuiwing suksesvol uitgevoer deur ná maande se beplanning onder meer van ’n vangboma, hyskraan, vragmotor en veeartsenykundige toesig gebruik te maak.

Jason Love van Die Stad Kaapstad sê die hervestiging is luidens ‘n verklaring van die onderburgemeester, Eddie Andrews, uitgevoer om konflik met ander bulle en moontlike verskuiwing na omliggende gemeenskappe te voorkom. “Hierdie soort operasie is riskant, veral as gevolg van die diere se stresvlakke en die fisiese uitdagings van hantering,” het Andrews gesê.

Die seekoei is op die dag van sy verskuiwing omstreeks 16:00 gevang, op ’n vragmotor gelaai om teen 22:45 te vertrek, en het die volgende oggend om 08:30 veilig in Plettenbergbaai aangekom. Hy word tans in ’n afsonderlike dam gemonitor om geleidelik by sy nuwe trop aan te pas. Die Stad het sedert 2015 reeds drie seekoeie suksesvol as deel van volhoubare wildbestuur hervestig.

“Hierdie hervestiging beklemtoon die Stad se toewyding tot biodiversiteitsbewaring en openbare veiligheid,” het Andrews afgesluit.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief