WES-KAAP. – Die Stad Kaapstad stel Saterdag 23 Augustus 2025 ’n uitgebreide gratis parkeer-en-rydiens beskikbaar wanneer die Springbokke teen Australië in die DHL-stadion speel. Die hekke open om 12:00 en sowat 55 000 toeskouers word verwag.
JP Smith, burgemeesterskomiteelid, sê die stelsel is ingestel om verkeersopeenhopings te verminder en veiligheid te verseker. Gratis MyCiTi-busse vertrek van 11:30 af vanaf die Bellville-fietsrenstadium (velodrome), Century City, Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (CTICC), Thibaultplein en die Burgersentrum, met terugritte tot 21:30. Beperkte gratis en betaalde parkering is by al die punte beskikbaar.
Metrorail bied ekstra treine na Kaapstadstasie vanaf 11:00 tot 22:00 teen R20 vir ’n retoerkaartjie. Van daar kan toeskouers die gratis MyCiTi of die FanWalk gebruik.
Verskeie padsluitings sal in Groenpunt en Grangerbaai van krag wees.

Druk hier om meer te lees.






