Kaapstad Internasionale Lughawe beste ter wêreld

Lees ook :

Foto: Airports Company South Africa

WES-KAAP. – Kaapstad Internasionale Lughawe is onlangs in die AirHelp Score 2025 as die beste lughawe ter wêreld aangewys.

Luidens ‘n verklaring van die lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) skitter sy lughawenetwerk op die wêreldverhoog in die AirHelp 2025-ranglys. Twee Suid-Afrikaanse lughawens het top-erkenning ontvang. Kaapstad Internasionale Lughawe is met ‘n algehele punt van 8.57 as die beste ter wêreld aangewys. Die lughawe is vir vlugte wat betyds is ‘n punt van 8.6 en vir kliëntervaring 8.7 toegeken. King Shaka Internasionale Lughawe in Durban het ‘n algehele 7de plek ingeneem, met ‘n punt van 8.9 vir vlugte wat betyds is. Altesaam 250 lughawens wêreldwyd is geëvalueer.

Die AirHelp Score beoordeel die top- 250 lughawens wêreldwyd in drie kategorieë: Vlugte wat betyds is (60%), kliëntervaring (20%), asook kos en winkels (20%). Data wat tussen 1 Junie 2024 en 31 Mei 2025 ingesamel is, is in ag geneem. Dit sluit die mening van meer as 13 500 passasiers in 58 lande in.

Acsa sê hy bly daartoe verbind om sy lughawe-infrastruktuur, digitale vermoëns en operasionele prosesse te verbeter om passasiers ’n veilige, doeltreffende en aangename reiservaring te bied. Hierdie mylpaal bevestig Acsa se posisie as ’n wêreldleier in operasionele uitnemendheid, passasiersbevrediging en infrastruktuur van wêreldgehalte.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief