Kaapstad Internasionale Lughawe vir 9de keer beste lughawe in Afrika

Lees ook :

Kaapstad Internasionale Lughawe vir negende keer as beste lughawe in Afrika aangewys. Foto: WC Government

KAAPSTAD, WES-KAAP. – Kaapstad Internasionale Lughawe is vir die negende agtereenvolgende jaar as die beste lughawe in Afrika aangewys.

Die toekenning word jaarliks deur Skytrax World Airline en die Airport Star Rating-program gemaak. Nog ’n toekenning vir die beste personeeldiens van ‘n lughawe het ook dié lughawe vir die vierde keer te beurt geval.

Volgens die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, is dit ’n besondere prestasie juis omdat toerisme werksgeleenthede moontlik maak. Volgens hom is die lughawe ’n toegangspoort vir besoekers na die land en die provinsie en kan dit tot verdere ontwikkeling lei.

Hy het al die lughawepersoneel vir hulle harde werk bedank en sien die pryse as die gevolg van hulle toewyding.

Bronne: Western Cape Government, Premier Alan Winde Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief