Kaapstad se watertoevoer van 14 – 16 Julie onderbreek

Lees ook :

Watertoevoer sal onderbreek word in Kaapstad vanaf 14 Julie tot 16 Julie fotokrediet: Canva

KAAPSTAD. – Kaapstad se direktoraat vir water en sanitasie het gewaarsku watertoevoer in sekere gebiede sal vanaf 14 Julie tot 16 Julie vir beplande onderhoud onderbreek word.

Lees ook: Biblioteekleiers voltooi opleidingsprogram op Wêrelddag vir Bibliotekarisse

Inwoners word herinner om as ’n voorsorgmaatreël water in skoon, geseëlde houers te stoor.

Die Glen Garry-reservoir sal afgesit word vanaf vandag (14 Julie) tot 15 Augustus vir skoonmaak en onderhoud. Die watertoevoer sal herlei word, maar met minder druk as gewoonlik.

Rehabilitasiewerk en die installasie van nuwe infrastruktuur sal in die Saxonsea- en Avondale-gebiede op 15 Julie uitgevoer word. Saxonsea, Avondale en Robinvale sal tussen 08:00 en 17:00 sonder water wees.

’n Kontrakteur sal die water in Bishopscourt in ‘n toetslopie van 10:00 tot 14:00 op 15 Julie afskakel as voorbereiding vir die water wat vanaf 09:00 tot 16:00 op 16 Julie afgesit gaan word. Die water sal afgesit word vir die installasie van ’n nuwe verbinding op die bestaande infrastruktuur. Inwoners in Kirstenboschweg, St Albanskeerweg en Riversidepad sal op albei dae sonder water wees.

Bronne: City of Cape Town

Lees ook: Biblioteekleiers voltooi opleidingsprogram op Wêrelddag vir Bibliotekarisse

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief