Kabinet verwerp Enoch Godongwana se begrotingvoorstel

Lees ook :

Kabinet verwerp Enoch Godongwana se begrotingvoorstel fotokrediet: Canva

KAAPSTAD. – Die kabinet het Maandag tydens ’n spesiale vergadering Enoch Godongwana, die minister van finansies, se  begrotingvoorstel verwerp.

Lees ook: Begrotingstoespraak tot Maart uitgestel

President Cyril Ramaphosa het gesê die begroting sal nie vir die mense werk nie. Godongwana het die voorgestelde verhoging van 2% BTW uitgehaal, maar het gesê dit beperk die verhogings vir departemente wat voorheen voorgestel is.

In die nuwe begroting het hy die R29 miljard oor die medium term uitgawe raamwerk uitgehaal wat sou help dat dokters en onderwysers aangestel word.

R2 miljard wat vir tronke sou gaan, is ook uitgehaal, wat die hoeveelheid geld wat beskikbaar is om bewaarders aan te stel, verminder. R23 miljard, wat opsy gesit is vir verhoging vir regeringswerkers, is ook uitgehaal en die R13 miljard besparings sou gebruik geword het deur die departement van verdediging om salarisse te betaal.

Daar is ook R5 miljard gegee vir die weermag se werk in die Republiek die Kongo.

Die nuwe begroting sal na verwagting op 12 Maart aangekondig word.

Bronne: Briefly, IOL, BusinessTech

Lees ook: Begrotingstoespraak tot Maart uitgestel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief