Kakamas ervaar ’n onderwyskrisis

Lees ook :

Foto: Irish Mirror

Die Kakamas-gebied ervaar tans ‘n onderwyskrisis nadat busbestuurders leerlingvervoer weens wanbetaling gestaak het.

Die Demokratiese Alliansie (DA) in die Noord-Kaap doen ‘n beroep op die LUR van Onderwys, Martha Bartlett, om dringend te sorg dat die diensverskaffers betaal word vir busdienste wat reeds gelewer is.

Graad 1 tot matriek word benadeel

Volgens die persverklaring word omtrent 2 200 kinders in en om die Kakamas-area, wat wissel van graad 1 tot matriek benadeel deur die staking wat vroeër hierdie week begin het. Hierdie leerders maak staat op ongeveer 40 skoolbusse om hulle skool toe te vervoer.
Dieselfde leerlinge, insluitende ‘n aantal matrikulante, kon reeds in die eerste kwartaal vir vier weke nie skool bywoon nie, weens ‘n soortgelyke scenario.

Aan die begin van die eerste kwartaal is hierdie busbestuurders slegs betaal vir Januarie. Daar is vir hulle gesệ dat die departement se geld opgeraak het. In effek het die busbestuurders dienste vir Februarie en Maart gelewer, sonder betaling van die departement. Hulle kan egter nie meer bekostig om voort te gaan met vervoerdienste nie, aangesien hul besighede hieronder ly.

Leë beloftes

“Dit is duidelik dat die departement van onderwys ‘n neiging het om diensverskaffers wat gekontrakteer is om leerders te vervoer, nie te betaal nie”, sê Andrew Louw, DA-premierskandidaat van die Noord-Kaap.
Louw bevestig ook dat daar vir die afgelope vyf jaar geen verandering in die tariefstruktuur was nie, ondanks leë beloftes aan busbestuurders. Dit is onbillik en onregverdig, aangesien dieselfde ANC-regering die oorsaak is van stygende petrolkoste wat ‘n direkte impak op busbestuurders het.
“Dit is duidelik dat die mislukte ANC-regering min gepla is oor die opvoeding van ons jeug. Hulle gee ook nie om dat besighede nie betaal word nie”, sê Louw.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App