Universiteit moet nou self opdok

Lees ook :

Kimberley spog met sy eie, nuutgeboude universiteit, maar baie inwoners kla oor die toestand van die pad reg voor die universiteit (Scanlanstraat).

Niemand was seker nie

FiND iT het foto’s van die padoppervlak gaan neem op 3 April 2019 om die werklike toestand uit te wys. Tydens ons besoek aan die universiteit het ons met drie verskillende mense gepraat, maar niemand was seker met wie ons eerder kan gaan praat rakende die pad se toestand nie.

Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê die stuk pad is nie meer die munisipaliteit se eiendom nie en die universiteit is nou self verantwoordelik vir die instandhouding daarvan. “Indien dit nog die eiendom van die munisipaliteit was, sou ons nie die pad kon toemaak toe die universiteit gebou is nie,” sê hy.

Nie deel van die padnetwerk nie

“Die universiteit gebruik ook daardie stuk pad as parkering vir al die studente, daarom, net soos by die mall, moet hulle self voorsien vir die herstel van die pad. Dit val nou buite die padnetwerk van die munisipaliteit.”

Foto: Tania Coetzee
Foto: Tania Coetzee


Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief