‘Kapers’ op Kuruman aangekeer

Lees ook :

Ses verdagtes is buite Kuruman aangekeer. Foto: SAPD

KURUMAN, NOORD-KAAP. – Ses verdagtes is gister aangekeer vir hulle beweerde betrokkenheid by die kaping en aanranding van ’n man vroeër die oggend net buite Kuruman.

Die slagoffer is na bewering omstreeks 2:00 Sondagoggend in die Bathlaros-nedersetting buite Kuruman deur ses mans gekaap. Hy is glo verskeie kere deur die kapers gesteek waarna hy na die Mokala-winkelsentrum geneem is. Daar het hulle hom na bewering aangerand en op sy bankrekening se wagwoord aangedring. Hulle het glo geld by die OTM onttrek en hom na ’n tweede OTM in die dorp geneem.

Volgens die SAPD is die slagoffer in sy erg beseerde toestand by ’n begraafplaas langs Hoërskool Kalahari afgelaai voordat die verdagtes in sy grys Renault Kwid gevlug het.

’n Besorgde inwoner het die slagoffer omstreeks 9:00 langs die pad opgemerk en nooddienste en die SAPD ontbied.

‘n Padpatrollie het kort daarna die “gekaapte” voertuig met ses insittendes buite die dorp van die pad gewing. Die verdagtes is in besit van messe gevind en op die toneel in hegtenis geneem.

Lt.genl. Koliswa Otola, die Noord-Kaapse polisiekommissaris, sê die SAPD sal nie wetteloosheid in die provinsie toelaat nie.

Die verdagtes sal binnekort in die Kuruman-landdroshof verskyn.

Bron: SAPD

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief