Kaptein ontvang toekenning vir beskerming van kinders

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – Kapt. Veronica Banks van SECI en GKS in die provinsie het verseker 22 verkragters en pedofiele kry 67 lewenslange vonnisse en addisioneel 782 jaar tronkstraf.

Brig. Athlenda Mathe sê polisielede soos Banks stap die ekstra myl en nasionale kinderbeskermingsweek, wat tans plaasvind, is ‘n hoogtepunt. Gedurende die week is die klem op kinderbeskerming en bewusmaking en kinders leer van regte soos dit in die grondwet van die RSA weerspieël word. Banks het in 2023 ‘n provinsiale toekenning ontvang.

Sy is verbonde aan die eenhede vir reeks- en elektroniese misdaadondersoeke sowel as gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings en ondersoek sake van reeksverkragters en kinderpornografie.

Banks het gedurende 1990 by die polisie aangesluit en was reeds in 1993 deel van die kinderbeskermingseenheid om misdade teen kinders te beveg. Die kaptein het verskeie plaaslike en internasionale kursusse in Cyber Forensics, Human Trafficking and Online Child Exploitation voltooi. Sy bied kursusse vir ander speurders aan om kinderpornografie-sake effektief te kan ondersoek.

Mathe sê ‘n loopbaanhoogtepunt vir Banks was ‘n pa (41) van Sasolburg wat in 2018 in die hooggeregshof in Bloemfontein tot 38 lewensvonnisse en ‘n addisionele 328 jaar tronkstraf op aanklagte van verkragting, seksuele mishandeling, asook die besit, vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie, gevonnis is. Die pa se IP-adres is in die Verenigde Koningkryk gemerk en Banks kon help om verdere ondersoek te doen. Die pa het slagoffers, insluitend sy eie dogter, bedwelm en dan die genoemde misdade gepleeg. Banks se ondersoekwerk het vir die konfiskering van elektroniese toerusting gesorg. Meer as 2 m. foto’s en 1 m. video-opnames van kinderpornografie met 19 kinderslagoffers is op die toerusting gevind.

Mathe beskryf Banks as ‘n heldin wat meedoënloos bly in haar strewe om te verseker dat kinders veilig is en veilig voel deur seksuele roofdiere uit die samelewing te verwyder.

“Ouers word versoek om pro-aktief te wees, deur toepassings (apps) op hul kinders se elektroniese toestelle af te laai en te installeer, om enige verdagte aanlyn aktiwiteite te monitor en op te spoor,” sê Banks.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief