Lees ook: Hannah Lynch se liggaam gekry
ITALIË. – Die kaptein van die superseiljag wat verlede week naby Italië gesink het, word vir manslag ondersoek.
James Cutfield, die kaptein van die luukse Bayesian-seiljag, word onder meer ondervra oor die tyd van die gebeure, of die deur wat na die enjinkamer lei toe was en die posisie van die middelkiel.
Daar was ’n vertraging van 32 minute tussen die sink van die seiljag en die skiet van ’n fakkel om hulp te kry.
Sewe mense, insluitend die tegnologiemagnaat Mike Lynch, en sy dogter Hannah, was dood toe die seiljag gevind is. Die nadoodse ondersoeke begin môre.
Die seiljag se bemanning en vervaardiger kan van manslag aangekla word.
Bronne: Euronews, Daily Mail, The Sun
Lees ook: Hannah Lynch se liggaam gekry





