Karlien van Jaarsveld se troetelhond, Jasmyn, is Saterdagaand per ongeluk deur ‘n vriendin doodgery. Die sangeres het ‘n video-opname van spesiale tye met Jasmyn op sosiale media gedeel.
Van Jaarseld het ondanks haar eie hartseer jammerte teenoor haar vriendin met wie dit gebeur het, uitgespreek.
Heel gepas gaan ‘n Jasmyn-plant vir Jasmyn in die tuin geplant word.
Lees Van Jaarsveld se emosionele plasing hier onder:
Jasmyn jy’t my oopgebreek sodat al die pyn wat ek nog onder my vel gebêre het op my stukkende knieë kon deursyfer soos wat ek jou vashou, ek kon uitting gee aan ‘n gil wat in ‘n diep kamer van my binneste toegesluit was. Jou lewelose lyfie in my arms was deel van ‘n vrylating vir my. So hartseer soos wat dit is… My vriendin het Saterdagaand per ongeluk my hond doodgery
ek voel so jammer dat dit met haar moes gebeur haar hart is so sag en dit was net so so ‘n groot ongeluk gewees
Bella dankie dat jy heeltyd by my was deur my skok, histerie en skree en afskeid neem van Jasmyn… Daar was sommer baie verborge pyn binne daai oomblik waarvan God my kom vrymaak het…
Dankie vir julle troos ook Olympus 24 hour Animal Hospital & Specialist Referral Center dankie vir die tyd en spasie wat julle vir my gemaak het om Jasmyn te groet.
My hart is stukkend Jasmyn, ek weet nie of ek ‘n diertjie al so liefgehad het nie. Ek huil met elke eerste ding wat ek aan gewoond was wat nou nie meer gebeur nie. Ek mis die geluid van jou naeltjies op ons kamer se houtvloer elke oggend as jy my kom wakker maak met jou pootjie wat so kap-kap teen my arm en jy dan of by my kom lê of saam met my badkamer toe stap net soos al my ander kinders. Ek het nog nooit gestort of gebad sonder dat jy by my sit nie. As jy sien ‘n kind sit nie op my skoot nie, was dit altyd jou beurt. Oupa kom elke week koffie drink en ‘n groot rede vir dit is dat hy jou kan sien Ek mis jou as ek by die hek inry en my kar se deur oopmaak en jy kom sê nie hello nie… Ek het min koffies gedrink sonder jou wat by my lê. Die eerste aand sonder jou loop ek verby die bank in ons kamer waarop jy altyd lê en dog ek sien jou… my trane loop onophoudelik. Oe hemel ek verlang na jou. Jy was die sagste hartjie, mooiste persoonlikheid hondjie en jy kon tot in my siel inkyk. Dankie vir jou sagte, warm, opregte, onvoorwaardelike liefde my Jassie
ek gaan vir jou ‘n Jasmyn in ons tuin plant
dankie Bella dat jy my verras het my Jasmyn plant