SUNDUMBILI, KZN. – Nooddienste is Saterdag na ’n winkel in die Mandeni-nedersetting ontbied nadat ’n klant glo ’n kassier in albei bene geskiet het.
Volgens ooggetuieverslae het die kassier en die klant ’n woordewisseling gehad. Die klant het na buite gegaan en glo ’n geweer uit sy voertuig gaan haal en die kassier in albei bene geskiet.
IPSS Medical Rescue het die kassier op die toneel gestabiliseer. Volgens hulle het die kassier kritieke beserings opgedoen en is na ’n mediese fasiliteit vervoer.
Met die Sundumbili-SAPD se aankoms op die toneel het die verdagte reeds gevlug. Die voorval word ondersoek.
Bronne: IPSS Medical Rescue, Caxton News





