KATAR. – Katar het aangebied om ’n vliegtuig van $400 miljoen tot die beskikking van Donald Trump te stel vir sy besoek aan die Midde-Ooste.
Lees ook: Ramaphosa en Trump se vergadering vir Woensdag bevestig
Volgens owerhede in Katar is die aanbod van die vliegtuig ’n “regering-aan-regering transaksie” en nie ’n persoonlike geskenk aan Trump nie. Die Katarrese owerhede het ook ontken dat die vliegtuig ’n poging is om Trump om te koop.
Trump het gesê die Boeing 747-8 sal as die amptelike presidensiële vliegtuig dien en dat dit nie vir hom gegee is nie, maar vir die “lugmag en departement van verdediging”.
Hy het gesê “net ‘n DWAAS sal nie hierdie geskenk namens ons land aanvaar nie,” en dat dit die land sal geld spaar. Trump het ook gesê dit sal tydelik dien as “Air Force One” tot die amptelike vliegtuig gereed is. Verskeie media berigte het gesê die vliegtuig sal aan die Trump Presidensiële Biblioteek Stigting oorgedra word wanneer Trump sy term as president voltooi.
Beide Republikeinse en Demokratiese leiers is bekommerd oor Trump se plan om die vliegtuig te aanvaar, as gevolg van die wetlike en etiese probleme wat dit kan veroorsaak.
Bronne: Newsweek, TIME, The Independent
Lees ook: Ramaphosa en Trump se vergadering vir Woensdag bevestig





