Lees ook: Keniaanse reeksmoordenaar en ander gevangenes ontsnap uit polisiestasie
KENIA. – Die man wat uit ’n polisiestasie ontsnap het na hy glo 42 vrouens doodgemaak het, is steeds soek.
Collins Jumaisi en nog 12 gevangenes het Dinsdag uit ’n polisiestasie ontsnap. Vyf polisiebeamptes, wat hom glo help ontsnap het, het gister in die hof verskyn en is met $1 500 beboet.
Jumaisi is verlede maand in hegtenis geneem na verskeie vrouens se opgekapte liggame in asgate in Nairobi gevind is. Die polisie het gesê hy het erken hy het 42 vrouens in twee jaar doodgemaak, maar sy prokureur het gesê hy is gemartel om skuld te erken.
’n Beloning aangebied vir enige inligting wat die polisie sal help om hom weer vas te trek.
Bronne: The Citizen, BBC, AFP
Lees ook: Keniaanse reeksmoordenaar en ander gevangenes ontsnap uit polisiestasie





