Keniaanse ‘reeksmoordenaar’ volgens prokureur deur polisie gemartel om skuld te erken

Lees ook :

Keniaanse ‘reeksmoordenaar’ glo deur polisie gemartel om skuld te erken sê prokureur
Keniaanse ‘reeksmoordenaar’ glo deur polisie gemartel om skuld te erken sê prokureur fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: ‘Reeksmoordenaar’ in hegtenis na liggame in asgate gevind is

NAIROBI, KENIA. – ‘n Man wat glo 42 vrouens sedert 2022 doodgemaak het se prokureur het beweer hy is deur die polisie gemartel om skuld te erken.

Die polisie het gesê Collins Jumaisi Khalusha (33) het met sy inhegtenisneming erken hy het 42 vrouens, insluitend sy eie vrou, sedert 2022 om die lewe gebring. Khalusha is in hegtenis geneem na nege opgekapte liggame in ‘n asgat in Nairobi gevind is.

Aanklaers in die saak het gesê hy is nie mishandel of gemartel nie. Khalusha sal 30 dae in aanhouding bly terwyl die ondersoek aangaan.

Bronne: BBC, AFP, The Standard

Lees ook: ‘Reeksmoordenaar’ in hegtenis na liggame in asgate gevind is

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief