‘Reeksmoordenaar’ in hegtenis na liggame in asgate gevind is

Lees ook :

Beweerde reeksmoordenaar in hegtenis na liggame in asgate gevind is
Beweerde reeksmoordenaar in hegtenis na liggame in asgate gevind is fotokrediet: Canva

Lees ook: Altesaam 22 dood in Israeliese aanval op skool in Gaza

NAIROBI, KENIA. – ‘n Beweerde reeksmoordenaar is in Nairobi, Kenia, in hegtenis geneem na die liggame van nege vrouens in ‘n asgat gevind is.

Volgens die polisie het Collins Jomaisi Khalusha (33) erken hy het 42 vrouens, insluitend sy vrou, sedert 2022 doodgemaak. Hy is gister in hegtenis geneem na die polisie een van sy slagoffers se foon gebruik het om hom vas te trek. Geld is uit haar rekening na syne oorgeplaas.

“Khalusha het erken hy het 42 vrouens gelok, vermoor, opgekap en die liggame in die asgate gelos. Hy het gesê hy het Donderdag die nuutste slagoffer doodgemaak,” aldus Mohamed Amin van die Direktoraat vir Misdaadondersoeke.

Die liggame is Vrydag ontdek. Khalusha het die polisie na sy huis geneem waar 10 selfone, ‘n skootrekenaar, identiteitskaarte en vrouens se klere gevind is. En ook ‘n kapmes wat hy gebruik het om die liggame op te kap.

Bronne: BBC, The Independent, CBS News

Lees ook: Altesaam 22 dood in Israeliese aanval op skool in Gaza

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief