Kennisgewing van Mosie

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP AFDELING, KAAPSTAD)

SAKNOMMER: 2026-071250

In die ex parte aansoek van:

DANIAL TERRY WATERS: Eerste Applikant
Identiteitsnommer: 9711 0651 42088

MICHELLE MELANÉ FISHER: Tweede Applikant
Identiteitsnommer: 9709 1801 27083

KENNISGEWING VAN MOSIE

NEEM KENNIS DAT ’n aansoek aan hierdie Agbare Hof gerig sal word op DONDERDAG, 16 April 2026 om 10h00 of so spoedig daarna as wat regsverteenwoordiger aangehoor kan word, vir ’n bevel in die volgende terme:

Dat die Applikante hiermee verlof verleen word om die huweliksgoederebedeling wat op hul huwelik van toepassing is, te wysig ingevolge artikel 21(1) van die Wet op Huweliksgoedere, Nr. 88 van 1984, gelees met artikel 88 van die Registrasie van Aktes Wet 47 van 1937 (soos gewysig), deur die verlyding en registrasie van ’n notariële kontrak (“die notariële kontrak”), waarvan ’n konsep aangeheg is by die Eerste Applikant se funderende beëdigde verklaring onder bogenoemde saaknommer (as Aanhangsel “FA 5” daartoe), en welke kontrak, na registrasie daarvan, hul huweliksgoederebedeling sal reguleer as buite gemeenskap van goedere, onderhewig aan die aanwasbedeling;

Dat die Registrateur van Aktes hiermee gemagtig word om die voormelde notariële kontrak te registreer, onderhewig aan die normale praktyk en vereistes van die akteskantoor;

Dat hierdie bevel:

Sal verval indien die notariële kontrak nie binne 3 maande vanaf die datum van verlening van hierdie bevel deur die Registrateur van Aktes geregistreer word nie; en

Nie die regte van enige skuldeiser van die Eerste en Tweede Applikant soos op datum van registrasie van die notariële kontrak sal benadeel nie;

Verdere en/of alternatiewe regshulp.

NEEM VERDER KENNIS dat die Applikante die kantore van BASSON BLACKBURN INC, c/o DE KLERK & VAN GEND, geleë te 10de Vloer, The Terraces, Bree Straat 34, Kaapstad, Wes-Kaap, as die adres aangewys het waar hulle kennisgewings en betekening van alle stukke in hierdie verrigtinge sal aanvaar.

NEEM VERDER KENNIS dat die beëdigde verklarings van DANIAL TERRY WATERS en MICHELLE MELANÉ FISHER gebruik sal word ter ondersteuning van hierdie aansoek.

GELIEF DIE SAAK DIENOOREENKOMSTIG OP DIE ROL TE PLAAS.

GEDATEER TE PAARL OP HIERDIE 26STE DAG VAN MAART 2026.

BASSON BLACKBURN INC
Prokureurs vir die Eerste en Tweede Applikante
Hoofstraat 109
PAARL

Tel: 021 – 871 1401
E-pos: [email protected]

(Ons verwysing: H Kotzé/MAT30012)

c/o DE KLERK & VAN GEND
10de Vloer, The Terraces
Bree Straat 34
KAAPSTAD

(Verw: C Albertyn)

AAN: DIE REGISTRATEUR VAN DIE HOË HOF
KAAPSTAD

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Plaas 'n regskennisgewing / Place a Notice

Stuur 'n e-pos aan [email protected] om regskennisgewings te plaas
Send an email to [email protected] to place legal notices.