Khoisan na jare uit proteskamp by Uniegebou gesit

Lees ook :

Khoisan na jare uit proteskamp by Uniegebou uitgesit fotokrediet: X Skermgreep

PRETORIA. – Lede van die Khoisan-gemeenskap is Maandag na sowat ses jaar uitgesit uit ’n kamp op die perseel van die Uniegebou.

Lees ook: Gevalle van Ebola in Uganda styg tot nege, 265 word dopgehou

Die Khoisan-gemeenskap het uit protes daar begin kamp om onder andere erkenning te kry as Suid-Afrika se eerste inheemse mense. Hulle het geëis om as Suid-Afrika se oudste inheemse groep erken te word, dat hulle taal by Suid-Afrika se amptelike lys van inheemse tale ingesluit word en hulle wou dieselfde voordele as die swart gemeenskap hê. Die Khoisan wou ook hê die term “kleurling” wat gebruik word om hulle te identifiseer, moet gestaak word.

Die groep het in 2018 na ’n stap van 1 000 kilometer by die monument kamp opgeslaan met die hoop om met owerhede te praat.

Volgens die departement van openbare werke is die Khoisan Maandag verwyder na geen appèl of opposisie by ’n hof ingedien is teen hulle verwydering nie.

Die departement het gesê dit is simpatiek teenoor die groep, maar “geen enkele persoon het die reg om ’n openbare ruimte op te eis wat bedoel is om deur alle Suid-Afrikaners gebruik te word nie”.

Bronne: The Citizen, IOL, EWN

Lees ook: Verpleër in Uganda sterf aan Ebola

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief