Brekende Nuus
Afrikaans

Student se familie blameer kollege vir haar dood

Sy het in Augustus na bewering as gevolg van ’n infeksie gesterf.

Familie van student blameer kollege vir haar dood. Foto ter illustrasie: Canva
Familie van student blameer kollege vir haar dood. Foto ter illustrasie: Canva

POLOKWANE, LIMPOPO. – Khomotso Ramango (20) se familie hou die Capricorn TVET-kollege in Polokwane aanspreeklik vir haar dood verlede jaar.

Ramango het na bewering ’n voorbehoedinspuiting by die kampuskliniek gekry. Sy is kort daarna in ’n privaat hospitaal opgeneem. In Augustus het sy na bewering as gevolg van ’n infeksie gesterf.

Die nadoodse ondersoek wat onlangs bekend gemaak is, het aangedui die oorsaak van haar dood was die voorbehoedinspuiting wat nie na behore toegedien is nie. Volgens die verslag het die inspuiting ’n infeksie veroorsaak wat daartoe gelei het dat haar organe ingee.

Die slagoffer se ma beweer dat die kollege hulle van die insident distansieer en ook nie tot die begrafnis van haar dogter bygedra het nie, al het hulle na bewering die nadoodse ondersoekverslag onder oë gehad.

‘n Navraag vir kommentaar is aan Capricorn TVET-kollege gestuur.

Bronne: SABC, Twitter