‘Kill the Boer’- deur grondwethof beskerm, appèl verwerp

Lees ook :

Foto: AfriForum

AfriForum veroordeel die beslissing van die grondwethof, wat verlof tot appèl van die hand gewys het, ten sterkste. Dit beteken dit is nou wettig om die kreet Kill the Boer! the Farmer! te sing.

AfriForum sê die verlof tot appèl is ingedien nadat twee vorige hofbeslissings die sing van die kreet gewettig het. In die bevel wat Donderdag uitgereik is en hier onder gelees kan word, word aangevoer appèl het geen redelike vooruitsigte op sukses nie en daarom van die hand gewys.

Kallie Kriel, die uitvoerende hoof van die burgerregte-organisasie, sê: “Met die politieke oorgang van 1994 is die indruk geskep dat die Grondwet en die Konstitusionele Hof menseregte, insluitende dié van Afrikaners, sou beskerm. Ná hierdie skokkende hofuitspraak sien ons dat dit nie meer die geval is nie. Ons sien ’n toenemende radikale implementering van die Grondwet. Ons sien ’n toename in ideologies gedrewe regters. Ons neem baie duidelik hiervan kennis – ons neem ook kennis van die feit dat president Cyril Ramaphosa en die regering nie die uitsprake van ‘Kill the Boer’ wil veroordeel nie. AfriForum sal in reaksie hierop met selfvertroue voortgaan om die organisasie se 177 buurt- en plaaswagte uit te brei. Ons doen dit sodat ons kan sorg dat daar ’n veilige toekoms vir ons, ons gemeenskappe en ons nageslag sal wees. As die owerhede ons nie wil beskerm nie, sal ons voortgaan om onsself te beskerm.”

Die EFF sê op sy beurt: “The Constitutional Court of South Africa has dismissed the racist lobby group Afriforum’s leave to appeal the Equality Court and Supreme Court of Appeals Judgements, which found that ‘Kill The Boer, Kill The Farmer’ do not constitute hate speech. Our Revolution and liberation struggle will never be determined by our oppressors! The EFF remains on the right side of history!

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief