Kimberley kry binnekort water

KIMBERLEY. – Die watertoevoer sal vir ’n paar ure vanaand aan wees. Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê hulle het nou begin met die toevoer vanaf die Newton reservoir vir die hoogliggende gebiede wat sedert gister sonder water was. “Die watertoevoer sal tot 19:00 vanaand aan wees....

KIMBERLEY. – Die watertoevoer sal vir ’n paar ure vanaand aan wees.

Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê hulle het nou begin met die toevoer vanaf die Newton reservoir vir die hoogliggende gebiede wat sedert gister sonder water was. “Die watertoevoer sal tot 19:00 vanaand aan wees.

“Alle inwoners moet asseblief sorg dat hulle voldoende water het. Hospitale en gastehuise, sakeondernemings en winkelsentrums moet seker maak dat hulle voldoende voorsiening maak. Die brandweer kan nie help nie, behalwe in noodgevalle.”

Hy sê by die Riverton-suiweringsaanleg het hulle voortgegaan om ‘n nuwe Y-aansluitingspyp aan die nuwe pompstasie te installeer, wat die toekomstige verskaffer van die 600 mm-pyp is. “Die sweiswerk van die Y-verbinding sal voortgaan totdat dit behoorlik geïnstalleer is. Sodra dit klaar is, begin ons die bykomende pyp van 600 mm. Ons het bedoel om die Y-verbinding te beveilig, maar onder die omstandighede het ons eerder met die installasie voortgegaan.”

Galeshewe en Roodepan sal lae druk of geen water hê nie, maar ons vra asseblief vir julle samewerking, sê hy.

Jou vergaderings sal glad verloop by die Horseshoe Inn

Navorsing bevind Nestlé sit suiker in babakos in armer lande

Met Chery se voertuie sal jy ‘n verskoning soek om rond te ry

Kenia se weermaghoof sterf in helikopterongeluk

Bela vir skole in SA sal waarskynlik aanvaar word ondanks sterk teenkanting

Kan verdraagsaamheid die eerste tree na liefde wees?

Coca-Cola kan 400 werkers afdank na konstitusionele hof se besluit

Rubberkoeëls geskiet nadat Nigeriërs polisie glo in Kimberley aanval

VSA beweer Israel het Iran aangeval

Daily lotto uitslae vir 18 April 2024

Verdagte druk per ongeluk paniekknoppie tydens huisroof

Nadal by Barcelona Ope uitgeskakel

Slang veroorsaak oponthoud in Japanse treinstelsel

Wêrelderfenisdag: Was jy al by SA se wêrelderfenisgebiede?

Vrou sterf na sy in aanhoudingselle brand

KYK: Misdaadtoneel, twee persone afsonderlik doodgeskiet